Sluitkassies

Hou dit veilig

Sluitkassies, waarin leerders hulle sportklere en/of toerusting kan toesluit, is beskikbaar aan die primêre skool se leerders. Klein sluitkassies beloop R150 per jaar of R50 per kwartaal. Groot sluitkassies beloop R225 per jaar of R75 per kwartaal. Betalings word by Me. Nadine Jansen van Rensburg gedoen. Elke leerder moet sy/haar eie slot verskaf. ‘n Spaarsleutel moet by Inge Webber ingehandig word. As daar van ‘n nommerslot gebruik gemaak word, moet die nommer ook aan haar voorsien word. Aangesien daar net ‘n beperkte aantal sluitkassies is, sal die leerders wie eerste betaal, eerste gehelp word.

‘n Aanbeveling is dat leerders wat vir namiddagsorg agterbly hiervan gebruik sal maak. Dit help om die leerders se besittings veilig te hou en dat dit nie maklik verlore kan raak nie.