Skoolklere

Netjies vir elke dag

PBS se leerders is die advertensie van die skool en daarom is dit baie belangrik dat hulle ten alle tye netjies sal vertoon. As ons leerders trots is op hulle skool sal hulle ook trots wees op hulle skooldrag. Ons doen ‘n beroep op u as ouer om u kind met die korrekte skooldrag op die betrokke dae skool toe te stuur ten einde ‘n trots by die kinders te skep vir ons pragtige skool.

Somersdrag word gedurende Januarie, Februarie, Maart en April gedra, asook gedurende September, Oktober, November en Desember.

Formele Drag

Formele drag word op Maandae, Woensdae en Vrydae, gedurende al vier kwartale, gedra.

Dogters

Maroen rok met ougoud kraag. Skoolrokke mag nie korter as 4 cm bo die knie wees nie. Dogters mag ‘n ski-pant onder die rok dra, maar die ski-pant mag nie onder die rok uitsteek nie. Sorg dus dat u dogter se rok lank genoeg is.

Seuns

Grys kortbroek met wit hemp. Hemp is netjies ingesteek by broek. Grys kouse (PBS kouse met maroen en blou strepie) en swart skoene (nie verpligtend nie).

Wanneer leerders op uitstappies gaan, MOET hulle skoene dra by hulle skooldrag. Dogters dra wit kort kouse en skoene.

Wintersdrag word slegs gedurende Mei, Junie, Julie en Augustus gedra.

Formele Drag

Formele drag word op Maandae, Woensdae en Vrydae gedra. Wintersdrag mag vanaf die begin van die tweede kwartaal gedra word, maar is verpligtend vanaf 1 Mei. Sorg dus reeds tydens die April vakansie dat u kind se wintersdrag in orde is. Volledige wintersdrag kan slegs op koue dae tot aan die einde van die derde kwartaal gedra word.

Dogters

Maroen langbroek, wit langmouhemp, SKOOLDAS, trui en (formele) PBS skoolbaadjie of windbreker met wit kousies en swart skoene. Alternatief kan die maroen wintersrok, SKOOLDAS, trui en PBS skoolbaadjie of windbreker met swart sykouse en skoene gedra word.

Seuns

Grys langbroek, wit langmouhemp, SKOOLDAS, trui en (formele) PBS skoolbaadjie. Grys kouse (PBS kouse met maroen en blou strepie) en swart skoene.

Wintersdrag word slegs gedurende Mei, Junie, Julie en Augustus gedra.

Sportdrag: Somer

Sportdrag word op Dinsdae en Donderdae gedra. Seuns dra 'n maroen PBS kortbroek en PBS hempie met moue (nie atletiekfrokkie nie). Dogters dra die PBS sport rompie en PBS hempie (nie atletiekfrokkie nie). Wanneer leerders op uitstappies gaan, MOET hulle tekkies by hulle sportdrag dra. Seuns en dogters dra wit kort kouse by hulle tekkies.

Sportdrag: Winter

Seuns en dogter trek 'n volledige PBS sweetpak aan en mag ook die koningsblou warm top aantrek met wit kouse, wit PBS kouse of maroen Vlamme kouse en tekkies.

Somer en Winter

  • Geen bont langmou hemde mag onder die sporthempie aangetrek word nie.
  • Onder geen omstandighede mag sport- en formele drag gemeng word nie.
  • Leerders mag bv. nie ‘n sweetpakbroek by hulle poeierblouhemp aantrek of ‘n Sweetpaktop in plaas van die PBS baadjie nie.
  • Onder geen omstandighede mag skoolskoene by sweetpakke of tekkies by formele drag gedra word nie.
  • Leerders mag ook die wit PBS kouse of die maroen Vlamme kouse by hule sportdrag aantrek.