Skoollied

Die oorspronklike skoollied is geskryf en getoonset deur Mev. Ria Ferreira en in gebruik geneem op 29 Oktober 1965. In 2007 het die Bestuurspan, met die goedkeuring van die Beheerliggaam, dit goedgedink om die toonsetting meer modern te maak. Mnr. Phillip Kotze is hiervoor genader en nadat hy die nuwe toonsetting voorgelê het, is dit vanaf Julie 2008 tot September 2009 vir ‘n proeftydperk ingeoefen en nie-amptelik gebruik.

Hierdie nuwe toonsetting het beide die Beheerliggaam en Bestuurspan se goedkeuring weggedra. Op 22 Oktober 2009 is die nuwe toonsetting deur Mnr. Phillip Kotze oorhandig aan die Skoolhoof, Mnr. DGC Potgieter en is dit daarna amptelik in gebruik geneem.