BOODSKAP

DIE HOOF - Mnr. Louis Smith

Baie welkom by President Brand Primêre Skool! Ons glo dat elke ouer en leerder ‘n fenomenale paar jare saam met President Brand sal beleef. President Brand Primêre Skool is en was nog altyd alombekend vir...

BOODSKAP

DIE HOOF - Mnr. Louis Smith

Baie welkom by President Brand Primêre Skool! Ons glo dat elke ouer en leerder ‘n fenomenale paar jare saam met President Brand sal beleef. President Brand Primêre Skool is en was nog altyd alombekend vir:


  • Hoë akademiese standaarde.
  • Uitstekende sport- en kultuurprestasies.
  • Ryke tradisies.
  • Goeie waardes.
  • Uiters bekwame onderwysers/esse.
  • Ouerbetrokkenheid.
  • Gelukkige leerders waar elkeen erkenning kry.


Ons doelwitte is dus om voort te bou op bogenoemde aspekte om sodoende bekend te wees vir uitnemendheid op elke gebied. By President Brand Primêr fokus ons nie net op akademie, sport, kultuur en sosiale vaardighede nie, maar dit is vir ons van kardinale belang dat elke leerder toegerus word met ‘n goeie waardesisteem vir die toekoms. Gemeenskaps- en ouerbetrokkenheid is vir ons ook baie belangrik ten einde suksesvol en effektief as skool te kan funksioneer. Alhoewel ons ‘n ryke Geskiedenis met trotse tradisies het, plaas ons ook ‘n hoë prioriteit op die nuutste en modernste tegnologie. Met bekwame en gekwalifiseerde personeel wat nie skroom om die ekstra myl te loop nie, is kwaliteit onderrig en leer, asook gelukkige leerders uitstaande kenmerke waarop ons baie trots is. Wees verseker dat ons as Personeel altyd daarna streef om in die beste belang van elke kind op te tree.

Beheerliggaam

Mnr. Gerhard Jansen van Rensburg

Wat ‘n absolute voorreg om te reflekteer op 2023 en PBS se 150ste bestaansjaar!  Dit is ‘n spesiale jaar vir ons skool en ons almal is bevoorreg om deel hiervan te kan wees.


‘n Skool se waarde moet bepaal word na die gehalte van opvoedende werk wat daar gedoen word.  Die positiewe gees van ‘n skool, sy kulturele lewe en opbloei, sy innerlike geestelike waarde en die bevoegdheid tot die opbou van karakter kan nie deur enige eksamen gemeet word nie.

Voorwoord van die Voorsitter van die Beheerliggaam

DIE HOOF - Mnr. Louis Smith

Wat ‘n absolute voorreg om te reflekteer op 2023 en PBS se 150ste bestaansjaar!  Dit is ‘n spesiale jaar vir ons skool en ons almal is bevoorreg om deel hiervan te kan wees.

 

‘n Skool se waarde moet bepaal word na die gehalte van opvoedende werk wat daar gedoen word.  Die positiewe gees van ‘n skool, sy kulturele lewe en opbloei, sy innerlike geestelike waarde en die bevoegdheid tot die opbou van karakter kan nie deur enige eksamen gemeet word nie.

 

PBS se visie is om daarna te streef om elke leerder se volle potensiaal, deur gehalte opvoeding, met liefde en deernis te ontsluit.

 

Dit is tye soos dié dat ons moet stil raak voor God se Woord, sodat ons weer kan hoor wat Psalm 121 sê:  “God pas jou elke dag op teen allerhande moeilikhede en probleme. Hy sal jou lewe mooi oppas.”

 

PBS se geskiedenis van 150 jaar vorm die basis wat hierdie pragtige boom regop hou.  Die nuwe lote wat uit die boom groei en in sterk takke ontwikkel, is hoe ons by bly met hierdie wêreld wat so vinnig verander.  So kan ons floreer in die veranderende tye waarin ons leef, maar gewortel bly in die tradisies van die verlede en onthou waar ons vandaan kom.  En dan is daar die kroon van elke boom en die rede vir die boom se voortbestaan - die blomme!  Ons kinders blom in PBS.

 

Ons dink aan die wonderlike Feesweek om 150 jaar te vier.  My kinders se absolute hoogtepunt was die konsert waartydens elke leerder aktief kon deelneem asook die  “Super Onnies” wat hul danspassies op die verhoog kon uitleef!

 

Sukses in welke veld ookal, is die resultaat van deeglike beplanning, uitstekende mentors, die regte ingesteldheid en harde werk.  Ons kinders is bevoorreg om in PBS die geleenthede te kry om hulle talente ten volle te ontwikkel.  PBS is ‘n suksesvolle, vooruitstrewende instelling wat deurlopend groei, verbeter en ontwikkel.

 

Die Beheerliggaam word saamgestel uit verkose ouers, die Hoof en verteenwoordigers van die personeel, leerders en nie-akademiese personeel soos voorgeskryf deur die onderwyswet.  Die inisiatief van die ouers en hulle wye betrokkenheid by die skool maak van die totale skoolgemeenskap ‘n gelukkige, konsensieuse gemeenskap wat saamwerk tot voordeel van die leerders in PBS.  Baie dankie aan elkeen vir die groot bydrae wat julle maak tot PBS se sukses!

 

Ek sluit af met ‘n gedeelte uit Spreuke 16:1-3:

“’n Mens kan sy voornemens hê, maar die laaste woord daaroor kom van die Here af… Laat wat jy doen, aan die Here oor, dan sal jou voornemens geluk”.

 

PBS-groete

 

Gerhard Jansen van Rensburg