PBS-

Netbaltoernooi

21-22 Maart 2025

o/12 & o/13 NETBALSPANNE

By President Brand Primêre Skool Bloemfontein

asook afrigting deur

Karla Pretorius

van Hoërskool Fichardtpark

Met trots geborg deur

Die PBS-Netbaltoernooi word aangebied in samewerking met Karla Pretorius.

 

Hierdie toernooi is die ideale geleentheid om afrigters, asook spelers, te ontwikkel en voor te berei vir die komende netbalseisoen. Die fokus van die toernooi is dus om te leer en te geniet, vriende te maak en netbal met jou hele hart lief te kry!

DATUM

21-22 Maart 2025

Te

President Brand Primêre Skool

Bloemfontein

Ouderdomsgroepe

o/12 en o/13

Kostes

R250.00 per speler

R300.00 per afrigter

Deposito

R500.00 per span voor 24 Januarie 2025

Ingesluit by kostes

2 x Middagetes vir alle spelers en afrigters

Gelukstrekking - Onderandere 'n Karla Pretorius netbalrokkie

Terme en Voorwaardes

Elke span is verantwoordelik vir hul eie netbalballe, netbalbeffies en skeidsregting.

Karla Pretorius is 'n professionele atleet wat al diep spore in Suid-Afrikaanse en Internasionale netbal getrap het. Sy was deel van die Bath-span in die Verenigde Koninkryk en in 2017 het sy by die Inaugural Sunshine Coast Lightning-span aangesluit. Sy is dus die eerste Suid-Afrikaanse netbalspeelster wat vir ‘n Australiese klub in die Suncorp Super Netballiga (SNN) gespeel het.

 

Pretorius het altesaam 7 seisoene vir die Sunshine Coast Lightning -span uitgedraf en het verskeie toekennings tydens daardie tydperk ontvang. Karla Pretorius is lid van Suid-Afrika se nasionale Protea netbalspan, waar sy as onderkaptein diens doen. Sy het sedert haar debuut in 2011 ‘n uitmuntende loopbaan as Proteaspeelster gehad en het in 2023 aan haar derde Wêreldbeker reeks in Kaapstad deelgeneem.

 

Pretorius is met ‘n totaal van 112 wedstryde, een van slegs vyf protea-speelsters wat die 100 wedstrydkerf oorgesteek het. Karla was kaptein van die Vrystaat Crinum-span wat tydens die 2024 Telkom-Netballigareeks as kampioen gekroon is. Sy is by hierdie elite nasionale Netbalkompetisie as speler van die toernooi aangewys.

 

Wanneer Karla nie netbal speel nie, is sy ‘n netbalafrigter en -konsultant. Sy is ook ’n gekwalifiseerde dieëtkundige.

Kontak

Rochelle Lennox

Epos

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Adres

Wag-‘n-Bietjieboslaan, Pellissier, Bloemfontein

Kontak

079 764 0489