President Brand Primêre Skool

Kultuur

President Brand Primêre Skool is trots op sy ryk kultuuraktiwiteite wat die studente die geleentheid bied om hul talente te ontwikkel en hul passie vir kuns en kultuur uit te leef. Die skool se jaarlikse revue is 'n hoogtepunt op die kalender en bied 'n platform vir die studente om hul verhoogvaardighede ten toon te stel. Met uitmuntende dansroutines, toneelstukke en sangoptredes vermaak die skool die gemeenskap met elke vertoning.

 

Die skoolkoor is 'n ander baken van kultuurtrots by President Brand Primêre Skool. Hier kan studente met 'n liefde vir sang hul stemme laat hoor en musikale uitmuntendheid nastreef. Die koor tree op by verskeie geleenthede, soos skoolkonserte en gemeenskapsbyeenkomste, en bring vreugde en harmonie deur hul pragtige gesange.

 

Redenaars is ook 'n belangrike deel van die kultuuraktiwiteite by die skool. Die skool moedig studente aan om hul spraak- en kommunikasievaardighede te ontwikkel deur deel te neem aan redenaarskompetisies. Met oefening en begeleiding leer die studente om hul argumente duidelik te verwoord en selfvertroue op die verhoog te toon.

 

Die kunswedstryde by President Brand Primêre Skool bied 'n platform vir kreatiwiteit en selfuitdrukking. Studente kan hul verbeelding vrylaat deur middel van tekeninge, skilderye, handwerk en beeldhouwerk. Hier word hul artistieke talente aangemoedig en erken, en dit skep 'n gevoel van trots en prestasie onder die studente.

 

Laastens, maar nie die minste nie, is die Voortrekkers 'n belangrike deel van die skool se kultuuraktiwiteite. Die Voortrekkers is 'n jeugorganisasie wat studente leer oor die geskiedenis en waardes van Suid-Afrika. Hier kan studente leer deur avontuurlike aktiwiteite, spanbou en leierskapontwikkeling. Die Voortrekkers bied 'n geleentheid vir die studente om hulself te ontwikkel as verantwoordelike en toegewyde burgers.

 

Al hierdie kultuuraktiwiteite by President Brand Primêre Skool dra by tot die algehele vorming en ontwikkeling van die studente. Hulle bevorder kreatiwiteit, selfvertroue, samewerking en selfuitdrukking. Die skool is trots op sy ryk kultuurgeskiedenis en bly voortdurend 'n omgewing skep waar studente hul talente kan uitleef en 'n passie vir kuns en kultuur kan kweek.

Glodine Kleynhans
KORE en MUSIEKSENTRUM

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

PJ Marais
VCSV/Vlammies vir Jesus

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Joandri van der Walt
REDENAARS Gr. 1 - 3

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Glodine Kleynhans
REDENAARS Gr. 4 - 7

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Chantelle Smit
REVUE

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Erica de Winnaar
VOORTREKKERS

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

REVUE

Revue bou karakter

Ons het sommer vroeg in die jaar aan die werk gespring met die aanleer van ons drie nuwe revue-reekse.


Christelle van Breda van Dazziling Dance Studio het soos in die verlede haarself oortref met baie interessante items.  Me. Karen Duvenhage was betrokke by die Vlammies, Me. Chantelle Smit was betrokke by die Junior Revue en Me. Leticia Maartens by die Senior Revue.


Ons het deur die jaar `n hele paar optredes bygewoon en oral goeie terugvoering ontvang.  Optredes sluit in Sand du Plessis Hoërskool, Revistafees, PBS se ouma en oupadag, Fichardtpark se opelug-aand, asook PBS se Kultuuraand.


Ons het aan die jaarlikise Revistafees deelgeneem, waar die groepe besonder goed presteer het.  Vlammies behaal `n A, Juniors `n A en Seniors behaal `n A+.


Dankie aan al die leerders, dit was soveel pret!

Koor

'n lied in elke hart

PBS se Senior Koor en Junior Koor het in 2023 gegroei en is ons trots om te sê dat beide kore uit ongeveer 80 leerders bestaan.  PBS het sterk kore wat hulle goed van hulle taak kwyt.  

Redenaars

Beïndruk, beïnvloed en oorreed

Senior Redenaars:

Sprekers moes aan al drie kompetisies deelneem om in aanmerking te kom vir die finale plek.  Die redenaars het die geleentheid gekry om te groei deur voor hul portuurgroep hul menings te lig.  Die kompetisie was sterk, maar hul veggees sterker.  Daar was oomblikke van afwagting en oomblikke van humor.  Elke spreker het hulself goed van hul taak gekwyt en die toesprake was uitstekend.


Grondslagfase Redenaars:

Die Grondslagfase se Graad 2 en Graad 3 redenaartjies het die geleentheid gehad om hul toesprake te lewer van baie hoë gehalte!  PBS is trots op elke gladde-mond redenaar wat deelgeneem het!

Voortrekkers

Hou Koers

Die President Brand Kommando is een van die grootste Voortrekkerkommando's in die Vrystaat met ‘n ledetal van 140 Voortrekkers.

 

Die Voortrekkers het ‘n besige jaar gehad, wat twee kampe by Doornkloof, ‘n Spesialisasiedag en ‘n Inlywingsfunksie by die Vrouemonument ingesluit het.  Tydens die Inlywingsfunksie by die Vrouemonument in Mei, het ons kommando 21 nuwe lede, van die afgelope 3 jaar, ingelyf asook 1 offisier.

 

Ons Kommando is baie trots op twee Gr. 7 Voortrekkers wat in 2023 die Voorslagtoekenning verwerf het. Amoré van Lill het Goud verwerf en Louis Nel het Silwer verwerf.

 

Gedurende die jaar werk die Voortrekkers in hul spanne aan spesialisasiekentekens wat op hul spog-onderbaadjies gewerk word. Verskeie ander geleenthede word ook aangebied soos Boeresport, ‘n Kommandokamp asook ‘n skoonmaakprojek by die Bron van Herinneringe en nog vele meer.

 

Voortrekkers is beslis ‘n groeiende kultuurbeweging by die skool.